Geografie van Andorra

Andorra
Kaart van Andorra
Kontinent Europa
Substreek Suidwes Europa
Geografiese koördinate 42°30′N 1°30′O / 42.500°N 1.500°O / 42.500; 1.500
Oppervlakte
 - Totale
 - Water
Rang 193ste
468 km²
121,4 ha[1]
Kuslyn 0 km (Ingeslote)
Landsgrense 120,3 km
Lande begrens Spanje 63,7 km
Frankryk 56,6 km
Hoogste punt Coma Pedrosa, 2 942 m
Laagste punt Riu Runer, 840 m
Langste rivier Gran Valira
Grootste binnelandse watermassa Juclar-meer (23 ha)[1]
Grondgebruik
 - Bewerkbare grond

 - Permanente
   gewasse

 - Ander

2,13 %

0 %

97,87 % (2005 raming)
Besproeide grond
Klimaat : gematig
Terrein : ongelyke berge en nou valleie
Natuurlike hulpbronne hidro-elektrisiteit, minerale water, hout, ystererts, lood
Natuurlike gevare sneeustortings, grondverskuiwings
Omgewingskwessies ontbossing, oorbeweiding van weivelde, lugbesoedeling, afvalverwydering

Andorra is 'n klein ingeslote land in suidwestelike Europa, geleë in die oostelike Pireneë-gebergte en begrens deur Spanje en Frankryk. Met 'n oppervlakte van 468 km² is dit die kleinste land in Europa maar ook die grootste van die Europese dwergstate.

Andorra is hoofsaaklik bergagtig, waarvan die hoogste die Coma Pedrosa is teen 2 942 meter (9 652 vt), en die gemiddelde hoogte van Andorra is 1 996 meter (6 549 vt).[2] Die land word deursny deur drie nou valleie in 'n Y-vorm wat ineen vloei by die hoofstroom, die Gran Valira-rivier en die land verlaat vir Spanje (by Andorra se laagste punt van 840 m of 2 756 vt).

Andorra se klimaat is soortgelyk aan die van sy bure se gematigde klimate, maar die hoër ligging beteken daar is gemiddeld meer sneeu in die winter, laer humiditeit, en dit is effens koeler in die somer. Daar is gemiddeld 300 dae per jaar sonskyn.

Fitogeografies behoort Andorra tot die Atlanties-Europese provinsie van die Sirkum-boreale streek binne die Boreale koninkryk. Volgens die WWF behoort die streek aan die Pirenese gemengde en naaldwoude eko-streek.

Grondverskuiwings en sneeustortings is die mees prominente natuurlike gevare. Daar is gereelde aardskuddings van onder 2 op die Richterskaal. Daar is geen historiese aantekeninge van enige skadelike aardskuddings in Andorra nie, maar die Andorrese regering het die moontlikheid van een in die toekoms ondersoek.[3]

  1. 1,0 1,1 Girard P & Gomez P (2009), Lacs des Pyrénées: Andorre. (fr)
  2. Atlas of Andorra (1991), Andorran Government. OCLC 801960401. (ca)
  3. Conseqüències per a Andorra d'un possible terratrèmol, Programa dactivitats tardor 08, el Centre Andorra Sostenible , Govern d'Andorra, p.16. (ca)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search